Nooit het ek gedink die seekoei wat die “chomp” probeer hap (tv advertensie uit my kinderdae) gaan my pad in onderwys kruis nie, maar aangename kennis HIPPOKAMPUS.
Dr. Caroline Leaf verduidelik dat die hippokampus se funksie in die brein is om inligting te versamel.
Die hippokampus ontvang sy inligting slegs vanaf die liggaam se 5 sintuie: SIEN RUIK PROE HOOR VOEL Alles wat ons reeds as inligting in ons brein gestoor het is deur die 5 sintuie ingeneem en na die hippokampus gestuur.
In my verbeelding is dit ‘n oorgewig seekoei wat net aanhou eet... My sintuie neem elke milli-sekond inligting in sonder om een oomblik te rus... terwyl ek tik voel ek die sleutelbord se harde (maar gehoorsame knoppies) en ek hoor die kar wat in die straat af ry en die hond wat blaf. Ek ruik ook die kos wat begin brand omdat ek kyk na hoe die inligting op die skerm groei. My hippokampus het dit alles ingeneem in minder as 5 sekondes.
Dit is die EERSTE punt waar inligting my brein ontmoet.... vanaf my sintuie na die HIPPOKAMPUS.
As ek lees, is dit die sintuig sig wat ‘n boodskap na die hippokampus deurgee... alles word deur SINTUIE na die hippokampus gestuur.
Dan is die eerste logiese vraag: Hoekom gebruik ons nie meer SINTUIE as ons kinders dinge wil leer nie?