iK Klankboek Gr R (270p) Die boek is beskikbaar in 2 formate:
Gedruk - Koerier fooi addisioneel van toepassing
PDF - met enkel druklisensie
(Druklisensie-aansoekvorm moet ingevul word om die drukbare
weergawe te ontvang.)
Maak asseblief seker jy kies die regte weergawe.
Die Graad R Klankeboek lê ’n sterk, deeglike grondslag vir lees en skryf deur kinders stap vir stap aan klanke, luistervaardighede en letterbewustheid bekend te stel. Die fokus is nie op vroeë skryf nie, maar op die ontwikkeling van fonologiese bewustheid, sintuiglike integrasie en liggaamsgereedheid – alles noodsaaklik vir suksesvolle leer in Graad 1.
- Bou ’n sterk grondslag vir lees en skryf deur klanke te hoor, herken en verstaan voordat letters geskryf word.
- Ontwikkel fonologiese bewustheid met luister, rym, klankdiskriminasie en klankspel.
- Bevorder taal- en kommunikasievaardighede deur stories, gesprekke, woordeskatontwikkeling en luisterak witeite.
- Ondersteun groot- en fynmotoriese ontwikkeling deur beweging,
letterbou, klei en speelse lettervorming.
- KABV-belyn, met fokus op luister en praat, fonologiese bewustheid, woordeskatontwikkeling en vroeë leerkennis soos vereis vir Graad R.