Om iets te bevraagteken is ‘n natuurlik ontwikkelings-proses waardeur kinders gaan om hul wêreld te ontdek en te verstaan.
Dit is nie beperk tot 4 tot 5 jariges nie, anders het ons nie al die uitvindings oor die geskiedenis heen beleef nie.
Die bevraagteken-vaardigheid is sterk op die voorgrond tussen ouderdom 4 en 5 jaar. Ons kinders het ‘n onblusbare nuuskierigheid oor elke klein dingetjie wat hul beleef.
Studies in Engeland het getoon dat ‘n 4 tot 5 jarige gemiddeld 312 vrae per dag vra.
Hoekom hou kinders op hoekom vra?
Enige ouer met ‘n 4 tot 5 jarige weet watter tipe uitdaging 312 vrae per dag kan wees, daarom begin ouers later met stop-antwoorde soos:
- Sommer het nie rede nie, want skilpad het nie vere nie.
- Omdat ek so sê.
Ons begin die natuurlik nuuskierigheid en lus om te ontdek en meer te leer blus.
Die hoekom-fase verdwyn, nie omdat dit deel is van ontwikkelingsfase vir 4 tot 5 jariges nie, maar omdat volwassenes moeg raak vir hoekom-vrae.
Hoekom is nie “terugpraat” nie…
Die hoekom-vraag steek weer sy kom uit in die tiener-fase. Weereens maak die volwassenes ‘n gevaarlike afleiding wat verhoudings beïvloed. Wanneer ‘n tiener hoekom vra, wil hul regtig weet of verstaan hoekom. Tog sien ‘n groot meederheid volwassenes hoekom-vrae van tieners as rebelse optrede. Dit word gesien asof tieners gesag bevraagteken.
Hoekom-vrae krag:
Die waarde om ‘n hoekom-vraag geduldig, opreg en eerlik te beantwoord is:
- Dit help kinders ontwikkel in denkers en deelnemers.
- Dit verminder rebellie omdat dit behoefte aan begrip bevredig.
- Dit verseker inkoop in ‘n besluit. As ‘n kind verstaan hoekom iets besluit is, ondersteun hulle nie net die besluit nie, hul eerbiedig die besluit.